Ouma wees - Header Image

deur Estelle Haward

Daardie paar sagte armpies om jou nek….baba reuk in jou neus…en absolute aanvaarding terwyl hy al stywer teen jou vas koester…dit is waar Ouma haar bearings heeltemal verloor…Ma wees se reels en regulasies vergeet en net een stem hoor roep in haar kop….Ouma is hier!

Een van ons grootste geskenke ooit is om geseend te wees met warm kinder lyfies, die verantwoordelik van stoei deur al die raad en boeke en skoonma en skuldgevoelens en ek-gaan-dit-nooit-aan-my-kinders-doen sindroom. Die gejaag deur elke dag, paar ure afknyp vir familie, skool, sport, tienerpyne…als deel van wat ons as Ma’s vir ons kinders doen en die prys….kleinkinders!

Niemand berei jou voor op die absolute spesiale liefde vir kleinkinders nie. Dit is soos ‘n golf wat deur jou siel spoel en elke opoffering, elke traan, elke lag, elke deel van jou lewe tot nou die moeite werd maak. Soos die Engelse se, met daai eerste vashou en inasem is jy hooked!

Die hele Ouma ding kom natuurlik met sy eie dinge…meestal in die vorm van jou kinders en die “ander” Ouma. Jy as Ouma, klaar met verantwoordelik wees vir die reg grootmaak van jou eie kind het nou die kans om vry te wees van al die raad en reels en regulasies en moets en moenies…dit is tyd vir bederfies, saam in die bed cuddle, lank verby slaaptyd nog stories deel oor feetjies en elve en unicorns en drake, tyd vir Zorro speel en teepartytjie hou. Tyd vir ontdek en alles weer deur nuwe klein ogies sien…tyd vir drentel want elke klippie lyk interresant….of wat onder die klippie kan wees…tyd vir vrae antwoord oor hoekom is die hemel blou, waar slaap walvisse en hoekom is Ouma’s sag. Dit is ‘n tyd vir lewenslesse leer speel-speel, tyd vir onbevange giggel soos ‘n kind en uitgelate lag vir niks. Tyd vir roomys eet vir ontbyt…wel, daar is alles in wat jy sou kry vir ontbyt nie waar nie? Tyd vir stories lees en op ver reise gaan na onbekende werelde…tyd om Ouma te wees.

Daar word natuurlik taamlik gereeld koppe gestamp met die ouers want hulle probeer so hard om te doen wat jy gedoen het toe hulle groot geword het…verantwoordelik wees, slyp en stuur om verantwoordelike, goeie mense van die kinders te maak. Als waar, en als op sy tyd en plek. Ek glo vas dat Ouma’s die balans in kinders se lewe verskaf wat hulle nodig het om volkome toegerus te wees vir grootmense word.

Die maklikste manier om vrede te bewaar is om seker te maak dat die ouers besef dat jy nie glo hoe hulle die kinders groot maak is verkeerd nie…wat jy doen is ekstra…jy as Ouma het klaar kinders groot gemaak…jy is nou besig om Ouma te wees…die verantwoordelikheid is nog steeds by die ouers. Ouma is die een wat koppe vol drome en giggels en lekkers prop, saggies in die nag langs warm lyfies inklim en lawwe rympies en liedjies opmaak.

In vandag se wereld waar kinders so ongegrond is as gevolg van al die tegnologie is Ouma’s se waarde onskatbaar….sy is die skakel na hoe dinge was….die verteller van familie stories…die een wat hulle ouers in perspektief sit deur stories van hul kleintyd te vertel tot groot vermaak van die kleinkinders natuurlik, die een wat tradisie en kultuur en gebruike oordra na die volgende geslag.

Dit als ten spyt het ons as Ouma’s tog nog steeds verantwoordelikheid…moenie te ver weg beweeg van jou kinders se idees van reg en verkeerd vir hulle kinders nie…kommunikeer en deel en natuurlik die belangrikste….lief daai kleinkinders onvoorwaardelik…soen hulle in die openbaar sonder skaam…luister na hulle en geniet elke kosbare oomblik saam met hulle.

Ouma wees is ‘n absolute voorreg…maak die beste daarvan vir jouself en jou kleinkinders.

Ouma wees…
Facebooktwitterpinterest

Facebooktwitterpinterestinstagram

One thought on “Ouma wees…

  • June 10, 2015 at 5:45 am
    Permalink

    Dit is stunning met die foto’s en header! XX

    Reply

Leave a Reply to Estelle Haward Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow us on FacebookFollow us on FacebookFollow us on FacebookFollow us on Facebook